Boerneef
Suid-Afrikaanse skrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Izak Wilhelmus van der Merwe (1897–1967), eerder bekend onder sy skrywersnaam Boerneef, was ’n Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus. Hy word beskou as 'n fyn prosaïs en die beste onder die Afrikaanse skrywers wat "klein-realisme" of "fantasie-realisme" gelewer het.[1] Hierdie skrywers het hulself buite die groter lewensproblematiek gestel, en hul blik gevestig op volkstipes, eenvoudige mense, kleindorpse lewe en die noue lewenskringe daarvan.
Kitsfeite Izak van der Merwe, Gebore ...
Izak van der Merwe | |
---|---|
Boerneef | |
Gebore | Izak Wilhelmus van der Merwe 11 Mei 1897 |
Sterf | 2 Julie 1967 (op 70) |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep | Skrywer en digter |
Titel | Prof. |
Eggenoot | Maria Hugo Roux (1924–1940) Anna de Kock (1941–1943) Francina Gobregts (1956) |
Kinders | Carl Petrus van der Merwe |
Sluit
Die Hertzogprys vir digkuns word in 1968 postuum aan hom toegeken. Talle van sy gedigte is getoonset, onder meer Voshaarnooi en Die berggans het ’n veer laat val. Hy het ook 'n toonaangewende Afrikaans-Engels woordeboek saam met medewerkers gelewer.[2]