Bonnybridge
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bonnybridge (Skots-Gaelies: Drochaid a'Bhuinne; Skots: Bonniebrig) is 'n klein nedersetting in die Falkirk-raadsgebied, Skotland, sowat 6,4 km wes van Falkirk, 8,5 km noordoos van Cumbernauld en 13,4 km suid-suidwes van Stirling geleë, met 'n bevolking wat volgens die Sensus van 2001 as 6 870 bepaal is.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kitsfeite Bonnybridge Drochaid a'Bhuinne • Bonniebrig, Land ...
Bonnybridge Drochaid a'Bhuinne • Bonniebrig | |
---|---|
Nedersetting | |
Terrashuise in Bonnybridge | |
Koördinate: 56°0′13″N 3°59′03″W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Skotland |
Raadsgebied (council area) | Falkirk |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,8 km2 (1,1 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 6 870 |
• Digtheid | 2 411/km2 (6 245/vk. myl) |
Tydsone | UTC+0:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+1:00 (BST) |
Poskode | FK4 |
Skakelkodes | 01324 |
Webwerf | http://www.falkirk.gov.uk/ |
Sluit
Die Forth and Clyde-kanaal is noord van die dorp geleë, terwyl 'n goedbewaarde seksie van die Romeinse Muur van Antoninus saam met die Rough Castle Fort, die besbewaarde van die versterkings wat langs die muur opgerig is, suidoos van Bonnybridge besigtig mag word. Meer onlangs is aan Bonnybridge die bynaam UFO Capital of the World verleen - met sowat 300 beweerde voorvalle waartydens vreemde vlieënde voorwerpe waargeneem is.[1]