CSS Alabama
skip / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die CSS Alabama (Confederate States Ship Alabama) was 'n oorlogskip in diens van die Gekonfedereerde State van Amerika tydens die Amerikaanse Burgeroorlog. Die skip het beroemdheid verwerf as 'n suksesvolle kaper van vyandelike handelsskepe. Sy het vir bykans twee jaar die oseane deurkruis op soek na buit en om van agtervolging te ontsnap, waartydens sy nie een keer 'n Gekonfedereerde hawe aangedoen nie. Die Alabama is uiteindelik op 19 Junie 1864 net buite die hawe van Cherbourg in Frankryk deur die USS Kearsage gesink. Die geveg het 'n skare van omtrent 15 000 nuuskieriges gelok, en mense het op die strande saamgedrom of selfs in bootjies uitgevaar om die aksie van nader te aanskou.[1][2]
In Suid-Afrika is die Alabama veral bekend as gevolg van die liedjie Daar kom die Alibama wat vermoedelik na hierdie skip verwys.