Cannes-rolprentfees 1991
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 44ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 9-20 Mei 1991 gehou. Die Frans-Poolse akteur, regisseur en vervaardiger Roman Polanski was die voorsitter van die jurie. Altesaam 50 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Kitsfeite
Cannes-rolprentfees 1991
| ||
Datum | 9-20 Mei 1991 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 19 (In Kompetisie) 20 (Un Certain Regard) 11 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Homicide | |
Afsluitingsfliek | Thelma & Louise | |
Palme d'Or | Barton Fink |
Sluit
Die Amerikaanse rolprent Barton Fink van die regisseurbroers Ethan en Joel Coen het die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met David Mamet se Homicide en afgesluit met Thelma & Louise van Ridley Scott.[3][4][5]