Cannes-rolprentfees 2007
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 60ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 16-27 Mei 2007 gehou. Die Britse regisseur Stephen Frears was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[1] Die Duitse aktrise en voormalige model Diane Kruger het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[2] Altesaam 53 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Kitsfeite
Cannes-rolprentfees 2007
| ||
Datum | 16-27 Mei 2007 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Diane Kruger | |
Getal prente | 22 (In Kompetisie) 20 (Un Certain Regard) 11 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | My Blueberry Nights | |
Afsluitingsfliek | The Age of Ignorance | |
Palme d'Or | 4 Months, 3 Weeks and 2 Days |
Sluit
Die Roemeense rolprent 4 Months, 3 Weeks and 2 Days (4 luni, 3 saptamini si 2 zile), met Cristian Mungiu as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Wong Kar-wai se My Blueberry Nights[3] en afgesluit met The Age of Ignorance van Denys Arcand.[4]