Chinese Nuwejaar
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Chinese Nuwejaar,[1] ook bekend as die Lentefees of Maannuwejaar, is ’n belangrike feesdag in moderne China wat aan die begin van die tradisionele Chinese maansonkalender gevier word. Vierings duur gewoonlik van die aand voor die eerste dag tot met die Lanternfees op die 15de dag van die eerste kalendermaand. Die eerste dag van die nuwe jaar val op die donkermaan tussen 21 Januarie en 20 Februarie. In 2020 was die Maannuwejaar op Saterdag 25 Januarie 2020; dit was die begin van die Jaar van die Rot.
Kitsfeite
Chinese Nuwejaar | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 春節 | |
Vereenvoudigde Chinees | 春节 | |
Pinyin | Chūnjié |
Sluit