Forsyth Barr-stadion
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Forsyth Barr-stadion (amptelik die Forsyth Barr-stadion by Universiteitsplaza) is 'n sportstadion in Dunedin, Nieu-Seeland.[1][2] Tydens die bouproses het die stadion ook bekend gestaan as Dunedinstadion, Awateastraatstadion, Nieu-Carisbrook of sy nie-kommersiële naam wat gebruik was tydens die Rugbywêreldbeker 2011, Otagostadion.[3]
Kitsfeite Bynaam, Volle naam ...
Forsyth Barr-stadion | ||
Buiteaansig van die Forsyth Barr-stadion | ||
Bynaam | Glashuis | |
---|---|---|
Volle naam | Forsyth Barr-stadion by Universiteitsplaza | |
Ligging | Anzaclaan, Loganpark, Dunedin, Nieu-Seeland | |
Koördinate | 45°52′9″S 170°31′28″O | |
Eienaar | Dunedin Stadsraad | |
Operateur | Dunedin Venues Management Ltd. | |
Kapasiteit | 30 748 (rugby/sokker) 36 000 (konserte) 15 000 (rodeo) | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | Mei 2009 | |
Geopen | 5 Augustus 2011 | |
Boukoste | $198,3 miljoen NZD | |
Argitek | Jasmax Populous | |
Huurders | ||
Highlanders (Superrugby) (2011–) Otago (ITM-beker) (2012–) Otago United (sokker) (2011–) |
Sluit
Die stadion is op 5 Augustus 2011 deur die premier van Nieu-Seeland, John Key, geopen waardeur dit Carisbrook as die tuisveld van die Highlanders in Superrugby, en van die Otago Rugbyvoetbalunie in die ITM-beker vervang het. Die stadion het vier wedstryde tydens die Rugbywêreldbeker 2011 aanbied.