Groenkloof
voorstad van Pretoria, Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Groenkloof is 'n voorstad van Pretoria, Suid-Afrika aan die noordelike hange van Klapperkop suidoos van die stadskern. Dit grens langs Koningin Wilheminarylaan in die ooste aan Waterkloof. Jan Cillierspark, wat ook as Proteapark bekendstaan, in die oostelike gedeelte van die woonbuurt is toegewy aan inheemse plante en verskaf pragtige uitsigte oor die stad en die Uniegebou.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Groenkloof | |
---|---|
Voorstad | |
Wit jakarandabome in Herbert Bakerstraat, Groenkloof | |
Koördinate: 25°46′S 28°13′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,83 km2 (1,09 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 4 946 |
• Digtheid | 1 748/km2 (4 530/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 59.4% |
• Indiërs/Asiërs | 2.4% |
• Bruin mense | 2.9% |
• Swart mense | 33.7% |
• Ander | 1.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 44.2% |
• Engels | 40.5% |
• Noord-Sotho | 3.2% |
• Tswana | 3.2% |
• Ander | 9.0% |
Poskode (strate) | 0181 |
Poskode (posbusse) | 0027 |
Sluit
Die Life Groenkloof-hospitaal (voorheen bekend as die Little Company of Mary-hospitaal)[2] sowel as die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Pretoria[3] is in Groenkloof geleë. Verskeie ambassades is ook in die voorstad geleë.[4]