Hebefilie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hebefilie is ’n sterk seksuele voorkeur by volwassenes vir kinders in hul vroeë puberteitsjare, gewoonlik van 11 tot 14 jaar oud en met ’n Tannerontwikkelingsfase van 2 tot 3.[1] Dit verskil van pedofilie (die seksuele voorkeur vir kinders voor hulle puberteit) en van efebofilie (die voorkeur vir laattieners, gewoonlik van 15 tot 19 jaar).[1][2][3]