Hulle het ons eeu gevorm
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Hulle het ons eeu gevorm is 'n lys van 100 mense wat die grootste invloed op Suid-Afrika in die 20ste eeu gehad het. Die lys is gebaseer op 'n stemming wat deur Media24 op hulle webportaal aangebied is. Na die sluiting is biografieë oor die eerste 100 persone saamgestel en in boekvorm in beide Afrikaans en Engels gepubliseer.[1]
Daar is twee pa-en-seun pare en twee man-vrou pare in die finale lys, naamlik Ernest en Harry Oppenheimer, Govan en Thabo Mbeki, Nelson en Winnie Mandela, en Walter en Albertina Sisulu. Dit is interessant dat een van die kandidate op die lys, Andre P Brink, ook die outeur van baie van die biografieë in die boek is.