Idool van Sjigir
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Idool van Sjigir (Russies: Шигирский идол, Sjigirski idol), of Sjigirbeeld, is sover bekend die oudste houtbeeld in die wêreld[1][2] en is in die Mesolitikum gemaak, kort ná die einde van die laaste glasiale tyd.[3] Die hout waaruit dit gekerf is, is sowat 11 500 jaar oud.[4][5]
Die beeld word ten toon gestel in die Swerdlofsk-streeksheemkundemuseum in Jekaterinburg, Rusland.[6]