Isostasie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Isostasie en isostatiese ewewig is terme wat gebruik word om die toestand van swaartekragewewig van 'n drywende voorwerp in 'n vloeistof aan te dui.
Isostasie spruit uit die Wet van Archimedes, wat in die bad gesit en besef het as 'n voorwerp onder die water geplaas word, is die massa van die water wat verplaas word gelyk aan die massa van die hele voorwerp. Hoe swaarder die voorwerp, hoe groter deel sal onder die water wees.[1]
'n Voorbeeld van isostasie is 'n drywende ysberg in die see. 'n Gedeelte van die ysberg sal onder die water wees. Sowel die hoogte wat die drywende voorwerp (die ysberg) het (ten opsigte van 'n willekeurige verwysingspunt) as die diepte waartoe die voorwerp in die water indring, hang van die volgende faktore af:
- die hoogte of dikte van die voorwerp;
- die digtheid van die voorwerp; en
- die digtheid van die vloeistof.
'n Mens kan ook werk met die verhouding tussen die digthede; dan word die laaste twee faktore gekombineer.