Klas 3E-lokomotief
From Wikipedia, the free encyclopedia
Klas 3E is 'n soort elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Dit is 'n Co-Co (twee driewieldraaistelle met traksiemotors op elke as) ontwerp. Die lokomotief is ontwerp vir trajekte met minder draaie en waar hoër snelhede gehandhaaf kan word. Daar is in 1944 'n bestelling geplaas vir 28 van die lokomotiewe by Metropolitan Vickers. Die lokomotiewe is van 1947 tot 1948 in diens gestel op die roetes van die Witwatersrand. Voorsiening is gemaak vir elektriese sowel as stoomverhitting vir die passasiers se sitplekke. Die stoomverhittingsfasiliteit is nooit gebruik nie.
Kitsfeite Tipe en oorsprong, Kragtipe ...
Nr. E201 by die Bellvilledepot, Kaapstad, 10 Januarie 2009 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Ontwerper | Metropolitan-Vickers[1] |
Vervaardiger | Robert Stephenson and Hawthorns |
Serienommer | RSH 7215-7242 |
Model | Metrovick 3E |
Vervaardig | 1947 |
Aantal gebou | 28 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Co-Co |
Spoorbreedte | Kaapspoor (1.067 m) |
Bogies | 4.267 m |
Wielbasis | 12.801 m |
Lengte | 17.199 m |
Hoogte | 4.089 m (pantograwe neer) |
Asbelasting | 18 796 kg op buite-aste 19 305 kg op binne-aste |
Lokomotiefmassa | 113 797 kg |
Kragverkryging | Pantograaf |
Traksiemotors | Ses MV 187 |
Transmissie | 23/71 ratverhouding |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 105 km/h |
Kraglewering | Totaal: 2016 kW (1 uur) 1704 kW (aaneenlopend) |
Trekkrag | 204 kN (wegtrek) 119 kN (aaneenlopend) |
Lug & Vakuum | |
Diensgeskiedenis | |
Spoorweg | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Kragklas | 3 kV DC |
Aantal in klas | 28 |
Afleweringsdatum | 1947-1948 |
Eerste tog | 1947 |
Sluit
Die lokomotief benodig 3 kV gelykstroom en het 'n maksimum kraglewering van 2 016 kW. Hulle is lank reeds uit diens onttrek.