Klas 8E-lokomotief
From Wikipedia, the free encyclopedia
Klas 8E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik word vir rangeerwerk. Dit is 'n Bo-Bo (Bo-Bo: twee 2-wiel draaistelle met traksiemotors op elke as) ontwerp. Die lokomotief gebruik 3 kV gelykstroom toevoer. Hierdie lokomotief het stoomlokomotiewe vervang soos hulle uit diens onttrek is.
Klas 8E no. E8002 op Mandini-stasie, KwaZulu-Natal, 13 Augustus 2007 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Ontwerper | BBC-Siemens |
Vervaardiger | Union Carriage & Wagon |
Serienommer | SAR: geen Industrieel: 449143-449149 |
Model | BBC-Siemens 8E |
Klas | Klas 8E [1] |
Vervaardig | 1983-1985 |
Aantal gebou | 107 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Bo-Bo |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Bogies | 3.280 m wielbasis |
Wielbasis | 11.13 m |
Lengte | 16.12 m |
Breedte | 3.04 m |
Hoogte | 4.14 m pantograaf neer |
Asbelasting | 20960 tot 21171 kg |
Lokomotiefmassa | 81200 tot 82000 kg |
Kragverkryging | Pantograaf |
Traksiemotors | Vier IKB 2820-OTA 02 |
Transmissie | 17/115 ratverhouding |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 75 km/h |
Kraglewering | Per motor: 200 kW 1 uur 176 kW aanhoudend Totaal: 800 kW 1 uur 704 kW aanhoudend[2] |
Trekkrag | 288 kN wegtrek 177 kN 1 uur 145 kN aanhoudend teen 17 km/h |
Lug & Vakuum | |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Spoornet Transnet Freight Rail Driefontein GM Impala Platinum |
Kragklas | 3 kV DC |
Aantal in klas | 107 |
Vlootnommer(s) | SAR E8001-E8100 Driefontein 5-7 Impala 11-12, 14-15 |
Bynaam | Kakkerlak |
Plek gebruik | Witwatersrand |
Afleweringsdatum | 1983-1985 |
Eerste tog | 1983 |
Die eerste 100 lokomotiewe is gebou deur Union Carriage & Wagon in Nigel. Hulle het ook al die meganiese onderdele vervaardig. Die elektriese onderdele is verskaf deur Brown Boveri and Company van Switserland en Siemens van Duitsland.
Die elektriese motors het 'n aanhoudende maksimum lewering van 686 kW elk. Die kajuit is in die middel van die lokomotief wat ontwerp is om deur een persoon hanteer te word. Daar is twee bestuurdersposisies in die kajuit. Die draaistelle is ontwerp op dié van Klas 6E. Die lokomotief se maksimum veilige snelheid is 75 km/h. Hulle het aanvanklik diens gedoen op die Witwatersrand.