Li Wenliang
Chinese oogarts bekend as een van die eerste mense wat 'n waarskuwing uitgereik het oor die uitbreek van die ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2 (1986-2020) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Li Wenliang (Chinees: 李文亮; pinyin: Lǐ Wénliàng; 12 Oktober 1986 - 7 Februarie 2020) was 'n Chinese oogarts by die Wuhan Sentraal-hospitaal, en een van die eerste mense wat 'n waarskuwing uitgereik het oor die uitbreek van die ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2, op 30 Desember 2019.[1][2] Op 3 Januarie 2020 het die polisie in Wuhan hom ontbied en hom vermaan omdat hy 'vals opmerkings op die internet gemaak het.'[1][3] Li het teruggekeer werk toe, maar later die virus opgedoen van 'n besmette pasiënt. Hy is op 7 Februarie 2020 aan die infeksie oorlede.[4][5]
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Li Wenliang 李文亮 | |
---|---|
Plakaat van Li Wenliang | |
Gebore | 12 Oktober 1986 Beizhen, Liaoning, Volksrepubliek van China |
Sterf | 7 Februarie 2020 (op 33) |
Nasionaliteit | |
Beroep | Oogkundige |
Bekend vir | Fluitjieblaser van die Koronavirusepidemie van 2020 |
Sluit