Menopouse
From Wikipedia, the free encyclopedia
Menopouse, ook bekend as die klimakterium, is die tyd in die meeste vroue se lewe wanneer hul maandstonde permanent ophou en hulle nie meer vrugbaar is nie.[1][2] Dit kom gewoonlik op 49- tot 52-jarige ouderdom voor.[3]
Medici meen gewoonlik die menopouse het begin as ’n vrou ’n jaar lank geen vaginale bloeding gehad het nie.[4] Dit kan ook aangedui word deur ’n afname in hormoonvervaardiging deur die eierstokke.[5] Vroue wat chirurgie ondergaan het om hul baarmoeder te verwyder maar steeds eierstokke het, se menopouse begin op die tydstip van die chirurgie of wanneer hul hormoonvlakke daal.[5]