Na-Dené-tale
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Na-Dené-tale ([ˌnɑːdɪˈneɪ]; ook Nadene, Na-Dené, Athabaskies-Eyak-Tlingit, Tlina-Dene) is 'n taalfamilie van inheemse tale van die Amerikas wat ten minste die Athabaskiese, Eyak- en Tlingit-tale insluit. 'n Ou insluiting van Haida word nou as twyfelagtig beskou.
Na-Dené-tale Athabaskies-Eyak-Tlingit | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Noord-Amerika |
Genetiese klassifikasie: |
Na-Dené Na-Dené-tale |
Onderafdelings: |
Tlingit
Athabaskies-Eyak
|
Verspreiding van Na-Dené-tale in Noord-Amerika |
In Februarie 2008 is 'n gepubliseerde voorstel, waarin die Na-Dené-tale (sonder Haida) met die Jenisei-tale van die sentrale Siberië in 'n Dené-Jenisei-taalfamilie, deur 'n aantal taalkundiges goed ontvang.[1] In 'n 2014-artikel word voorgestel dat die Na-Dené-tale van Noord-Amerika en die Jenisei-tale van Siberië 'n gemeensame oorsprong in 'n taal wat op die Beringlandbrug tussen die twee vastelande gepraat is, gehad het.[2]
Die Na-Dené-tale is geografies veral in twee dele verdeel: die noordelike verspreiding streek oor die noordwestelike Kanada en die aangrensende Amerikaanse deelstaat Alaska, en die suidelike verspreiding in die suidwestelike Verenigde State net noord van Meksiko. Daarbenewens bestaan langs die weskus nog enkele klein taaleilandjies.
Navajo is verreweg die belangrikste Na-Dené-taal en word deur 167 000 Navajo-Indiane in die vier Amerikaanse deelstate Arizona, Colorado, Nieu-Meksiko en Utah gebesig. Dit is die belangrikste inheemse taal van die Amerikas noord van Meksiko.