Noorweërs
From Wikipedia, the free encyclopedia
Noorweërs of Nore (Noors: nordmenn) is die grootste etniese groep in Noorweë, en verreweg die meeste praat Noors as moedertaal. Daar word beraam dat daar wêreldwyd sowat 9,5 miljoen mense van Noorse afkoms is, van wie 4,5 miljoen in Noorweë.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Noors.
Noorweërs (Nore) | |
---|---|
Totale bevolking: | 10 tot 12 miljoen volgens skattings |
Belangrike bevolkings in: | Noorweë 4,3 miljoen[1] Verenigde State 4,4 miljoen[2] |
Taal: | Noors |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Lutheranisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Germaanse volke soos Dene, Duitsers, Faroërs, Swede en Yslanders, asook die Keltiese bewoners van die eiland Man |
Etniese Noorweërs is nasate van Germaanse stamme wat reeds voor die Algemene Jaartelling na Skandinawië getrek het en hulle aan sy suid- en weskus met hulle fjorde gevestig het. Noorse Wikings het hulle vanaf die jaar 825 op die Faroëreilande gevestig, vanaf 874 in Ysland en vanaf 986 in Groenland. Noorse setlaars het hulle daarnaas ook in Noordwes-Europese gebiede soos die huidige Verenigde Koninkryk en Normandië gevestig.