Petropawlofsk-Kamtsjatski
From Wikipedia, the free encyclopedia
Petropawlofsk-Kamtsjatski (Russies: Петропа́вловск-Камча́тский; in die Russiese omgangstaal van sy bewoners meestal kortweg PK of Petropawlofsk genoem) is die administratiewe, wetenskap- en kultuurhoofstad van Kamtsjatka-krai in Rusland. Belangrike instellings, wat in Petropawlofsk gesetel is, sluit wetenskaplike institute vir oseaannavorsing, kommersiële vissery en geologie in. Die belangrikste industriële sektor is skeepsbou. 'n Grondstasie van die Russiese SDCM-satellietstelsel is eweneens in die stad geleë.
Kitsfeite Petropawlofsk-Kamtsjatski Петропавловск-Камчатский, Land ...
Petropawlofsk-Kamtsjatski Петропавловск-Камчатский | |
---|---|
Stad | |
Die Korjakski-vulkaan troon bo die stad uit. | |
Koördinate: 53°01′N 158°39′O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kamtsjatka-krai |
Stigting | 1740 |
Regering | |
• Tipe | Stadsdoema |
• Burgemeester | Konstantin Slisjtsjenko |
Bevolking | |
• Totaal | 179 807[1] |
• Digtheid | 496,5/km2 (1 286/vk. myl) |
Tydsone | UTC+12:00 |
Webwerf | http://pkgo.ru/ |
Sluit
Die bevolking is op 1 Junie 2019 op 179 807 beraam.