Pierre van Ryneveldpark
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pierre van Ryneveldpark is 'n voorstad in die suidooste van Pretoria, Suid-Afrika.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Pierre van Ryneveldpark | |
---|---|
Koördinate: 25°50′29″S 28°14′37″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Oppervlak | |
• Totaal | 5,47 km2 (2,11 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 12 083 |
• Digtheid | 2 209/km2 (5 720/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 80.6% |
• Indiërs/Asiërs | 1.6% |
• Bruin mense | 1.7% |
• Swart mense | 15.4% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 67.9% |
• Engels | 18.9% |
• Tswana | 2.4% |
• Noord-Sotho | 2.2% |
• Ander | 8.6% |
Sluit
Pierre van Ryneveldpark is geleë tussen die spogwoonbuurte Elarduspark, Rietvalleirand, Wingate Park, Waterkloofrif en grens aan die Lugmagbasis Waterkloof. Onder die vorige munisipale bedeling, het dit in Centurion geval.
Die voorstad is vernoem na Sir Pierre van Ryneveld, 'n Suid-Afrikaanse soldaat en vlieënier van 1915 tot 1949.