Pirog
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pirog (Russies: пиро́г) is 'n gebakte deegdop met 'n soet of sout vulsel.[1][2] Die gereg is algemeen in die Oos-Europese kookkuns. Pirogi (пироги́, meervoud) word beskryf as "alomteenwoordig in die Russiese lewe" en "die gewildste en belangrikste gereg"[3] in Rusland.
Kitsfeite
Pirog | ||
'n Vispirog. | ||
Soort gereg | Pastei | |
Land | Rusland, Belarus, Oekraïne | |
Hoofbestanddeel | Deeg, vleis of vrugte | |
Soortgelyke geregte | Pirozjki |
Sluit
Die naam kom van die antieke Protoslawiese woord pir, wat "banket" of "fees" beteken.[4]