R.C. Sproul
Amerikaanse teoloog en pastoor (1939-2017) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Robert Charles Sproul (13 Februarie 1939 - 14 Desember 2017) was 'n Amerikaanse Gereformeerde Teoloog en 'n predikant van die Presbeteriaanse Kerk in Amerika (PCA). Hy was die stigter en voorsitter van Ligonier Ministries (vernoem na die Ligoniervallei buite Pittsburgh, waar die bediening as 'n studiesentrum vir universiteit- en kweekskoolstudente begin het) en kon daagliks internasionaal op die radio-uitsending "Renewing Your Mind" gehoor word. Onder Sproul se leiding het Ligonier Ministries die Ligonier-Verklaring oor die Bybel se Onfeilbaarheid uitgevervaardig, wat uiteindelik sou groei tot die Chicago-Verklaring van 1978 oor die Bybel se onfeilbaarheid, waarvan Sproul, saam met Norman Geisler, een van die hoofargitekte was.[1][2] Sproul is as "die mees invloedryke voorstander van Gereformeerde teologie in die laaste eeu" beskryf.[3][4][5]
PhD R.C. Sproul | |
---|---|
Gebore | Robert Charles Sproul (1939-02-13)13 Februarie 1939 |
Sterf | 14 Desember 2017 (op 78) Altamonte Springs, Florida, VSA |
Alma mater | Westminster College Pittsburgh Theological Seminary Vrije Universiteit Amsterdam Whitefield Theological Seminary |
Beroep | Teoloog, Professor, Pastoor |
Bekend vir | Klassieke Apologetiek
Sistematiese Teologie Bybelse onfeilbaarheid |
Eggenoot | Vesta Ann Voorhis (trou 1960) |
Kinders | 2 |
Geloof | Gereformeerde Christen, Calvinisme |