Ranger 4
Onbemande ruimtetuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Ranger 4 was 'n ruimtetuig van die Amerikaanse Ranger-program wat ontwerp was om in 1962 foto's van die maan se oppervlak na verskeie aardstasies terug te stuur. Dit sou vir 'n periode van 10 minute wees voordat dit teen die maan ten gronde gaan. Die ruimtetuig sou verder:
- 'n seismograafkapsule op die maan laat land,
- gammastrale tydens die vlug versamel en
- die weerspieëling van radar op die maanoppervlak bestudeer.
Sendingstatistiek | |
Sendingnaam: | Ranger 4 |
Sendingtipe: | Maanimpaktor |
Operateur: | NASA |
Vervaardiger | Jet Propulsion Laboratory |
Lanseervuurpyl | Atlas LV-3 Agena-B |
Duur van sending | 10 ure (operasioneel) 64 ure (tot impak) |
Bemanning: | Onbeman |
Lansering: | 23 April 1962 Kaap Canaveral AFS LC12 |
Maanimpak: | 26 April 1962 Sending faal voor impak |
Lanseermassa | 331,1 kilogram |
Afmetings | 1.52 m × 2.51 m |
Krag | 135 watt |
Daar was egter 'n probleem met een van die rekenaars aanboord die ruimtetuig. Dit het veroorsaak dat die sonkragpanele nie ontplooi het nie en die navigasiestelsels opgehou werk het. Gevolglik het die ruimtetuig op die agterste halfronde van die maan neergestort sonder om enige wetenskaplike data na die aarde te stuur. Dit was ook die eerste ruimtetuig van die VSA wat 'n ander hemelliggaam bereik het.[1][2][3]