Rugby-uitdaagreeks
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rugby-uitdaagreeks – om borgskapredes bekend as die SuperSport Rugby-uitdaagreeks – is ’n plaaslike rugbykompetisie in Suid-Afrika. Die kompetisie word deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie georganiseer en al veertien Suid-Afrikaanse streek-/provinsiale spanne, asook die Welwitschias van Namibië en 'n Zimbabwiese Akademiespan neem deel.[1] Die aanvangseisoen van die kompetisie was in 2017 en dit dien as plaasvervanger vir die Vodacombeker wat in 2015 ten einde geloop het.
Kitsfeite Sportsoort, Gestig ...
Rugby-uitdaagreeks | |
2019 Rugby-uitdaagreeks | |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 2017 |
Eienaar | Suid-Afrikaanse Rugbyunie |
Inwydingseisoen | 2017 |
Deelnemende lande | Suid-Afrika Namibië Zimbabwe |
Aantal spanne | 16 |
Mees onlangse kampioen | Griekwas (2019) |
Verwante kompetisies | Curriebeker |
Borg(e) | SuperSport |
Sluit
Die kompetisie word gelyklopend met die Superrugbyseisoen gespeel. Dit dien as ’n belangrike ontwikkelingskompetisie vir Suid-Afrikaanse rugbyspelers.