Rumelihisarı
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rumelihisarı, Kasteel van Roemelië of Fort van Europa is ’n fort in die Sarıyer-dsitrik in Istanboel, Turkye, op ’n heuwel aan die Europese kant van die Bosporus. Dit is tussen 1451 en 1452 deur die Ottomaanse sultan Mehmet II laat bou voordat hy Konstantinopel verower het.[1] Die drie groot torings is genoem na drie van Mehmet se visiere: Çandarlı Halil Pasha, wat die groot toring langs die poort gebou het, Zağanos Pasha, wat die suidelike toring gebou het, en Sarıca Pasha, wat die noordelike toring gebou het.