Seepokke
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seepokke (Engels: Barnacles of Sessilia) is 'n orde van skaaldiere. Hulle lyk met die eerste oogopslag nie soos krappe of garnale nie, maar hul behoort egter tot die rankpootkrewe (Cirripedia). Hulle heg hulself aan verskillende oppervlaktes: hout, klippe, skulpe en selfs die velle van walvisse en doppe van seeskilpaaie.
Seepokke | |
---|---|
Semibalanus balanoides | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Arthropoda |
Subfilum: | Crustacea |
Klas: | Maxillopoda |
Infraklas: | Cirripedia |
Superorde: | Thoracica |
Orde: | Sessilia Lamarck, 1818[1] |
Suborde[2] | |
|
Die behuising is dikwels wit en kliphard. Die vorm kan konies wees, maar in digte populasies kan dit tot hoë kolomme groei. Dit bestaan uit 'n huis van ses kalksteenplate, met 'n deksel wat gevorm word uit twee kalksteenplate (tergum en scutum). Die larwes van seepokke het nog nie 'n dop nie en hul swem vrylik rond. Sommige seepokke leef heeltemal ingebed in hul gasheer, soos in die binneste rand van die wulk se dop (Buccinum unatum), veral as dit bewoon word deur sy sekondêre inwoner: die algemene hermietkreef (pagurus bernhardus).