Southern Spears (Superrugbyspan)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Southern Spears was ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat in 2005 gestig is met die doel om van 2007 aan die Super 14 deel te neem. Hulle voorgestelde toetrede tot die kompetisie het egter gelei tot ’n mate van kontroversie in Suid-Afrikaanse rugby. In April 2006 is die Spears toetrede tot die Super 14 geweier omdat hulle in ’n ongunstige finansiële toestand verkeer het. Na hierdie besluit het die Spears in effek gesterf. ’n Nuwe Super 14-span, met Port Elizabeth as basis, is in 2009 bekendgestel maar is die Southern Kings genoem en word nie verbind met die Spears nie.
Kitsfeite
Southern Spears | ||||
Stigting | 2005 | |||
Ligging | Port Elizabeth, Suid-Afrika | |||
Streek | Oos-Kaap, Overberg, Sentraal Karoo, Eden | |||
Stadion | Boet Erasmus-stadion (stadion later afgebreek) | |||
Kapasiteit | 33 852 | |||
Afrigter(s) | Peter de Villiers (destyds)[1] | |||
Kaptein(s) | Ashley Johnson (destyds)[1] | |||
| ||||
Amptelike webwerf | ||||
www.thespears.co.za |
Sluit