Sterrekundige simbool
abstrakte prentsimbole wat gebruik word om astronomiese voorwerpe, teoretiese konstrukte en waarnemingsgebeure in Europese sterrekunde voor te stel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Sterrekundige simbole is simbole wat gebruik word om sterrekundige voorwerpe, konstruksies of gebeure voor te stel. Die vroegste vorme van hierdie simbole verskyn in antieke Griekse papirusse.[1][2] Nuwe simbole is ook geskep om planete en kleinplanete wat in die 18de tot 20ste eeu ontdek is, voor te stel.
- Hierdie bladsy bevat spesiale karakters. Sonder die regte ondersteuning sal jy blokkies of snaakse tekens sien.
Die simbole is eens algemeen gebruik deur amateur- en professionele sterrekundiges, alchemici en astroloë. Hoewel hulle steeds algemeen in almanakke en astrologiese publikasies gebruik word, het hul gebruik in navorsings- en sterrekundige geskrifte afgeneem,[3] met sommige uitsonderings soos die simbole vir die Aarde en Son en sekere diereriemtekens wat die sonstilstande en nagewenings voorstel.
Unicode kan die meeste simbole weergee, hoofsaaklik in Miscellaneous Symbols Block (2600-26FF)[4] en Miscellaneous Symbols and Pictographs Block (1F300-1F5FF).[4]