Venningpark
From Wikipedia, the free encyclopedia
Venningpark is 'n park in Arcadia, Pretoria, Suid-Afrika. Die drie hektaar park het 'n formele uitleg met 'n gesonketuin aan die weste kant van die park en 'n teetuin, die Heavenly Rose Café, in die middel van die park. Die park is versier met 'n dadelpalmlaning en roostuine aan die oostekant van die park naby die Amerikaanse ambassade en die Indiese Hoë-kommissariaat en word gereeld met eenjarige blomme beplant. Dit is tussen twee besige eenrigtingstrate Pretoriusstraat en Schoemanstraat en die systrate Eastwoodstraat en Farendenstraat geleë.[1]