Vlaandere
From Wikipedia, the free encyclopedia
Vlaandere (Nederlands: Vlaanderen [ˈvlaːndərə(n)] luister (hulp·inligting), Frans: Flandre, Duits en Luxemburgs: Flandern, Wes-Vlaams: Vloandern, Limburgs: Vlaondere, Waals en Pikardies: Flande) is die naam van 'n graafskap uit die Middeleeue. Die graaf van Vlaandere was 'n leenman van die koning van Frankryk.
Meer inligting Vlaandere (Vlaanderen), Algemene inligting ...
Vlaandere (Vlaanderen) | |
---|---|
Vlag |
Wapen |
Algemene inligting | |
Land: | België |
Amptelike tale: | Nederlands |
Hoofstad: | Brussel |
Oppervlakte: | 13 625,54 km² [1] |
ISO 3166-2: | BE-VLG |
Amptelike webwerf: | vlaanderen.be |
Bevolking | |
Bevolking (totaal): | 6 774 807 [2] (1 Januarie 2023) |
Bevolkingsdigtheid: | 497/km² |
Instellings | |
Federasie: | 1993 |
Regeringsvorm: | Parlementêre demokrasie |
Eerste Minister: | Jan Jambon (N-VA) |
Volkslied: | De Vlaamse Leeuw (Die Vlaamse Leeu) |
Ligging | |
Vlaamse Gewes Waalse Gewes Brusselse Hoofstedelike Gewes | |
Vlaamse Gemeenskap Franse Gemeenskap Duitstalige Gemeenskap |
Sluit
In die huidige Belgiese konteks kan Vlaandere na die volgende verwys:
- die Vlaamse Gemeenskap: een van België se drie gemeenskappe (naas die Franse en die Duitssprekende gemeenskap) wat bevoegdhede ten aansien van onderwys en kulturele sake in die Nederlandse taalgebied van België en - saam met die Franse Gemeenskap - in die tweetalige gewes Brussel-Hoofstad uitoefen;
- die Vlaamse Gewes: een van drie geweste van België as federale staat (naas die Gewes Brussel-Hoofstad en die Waalse Gewes of Wallonië) wat die noordelike deel van die land beslaan;
- die politieke instellings van daardie gewes: die Vlaamse parlement, die Vlaamse regering en die Vlaamse administrasie;
- Vlaandere: die Belgiese provinsies Oos- en Wes-Vlaandere; die Nederlandse streek Zeeuws-Vlaanderen en Frans-Vlaandere (wat in afsonderlike artikels behandel word).