Walter Battiss
From Wikipedia, the free encyclopedia
Walter Battiss (1906–1982) was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en deskundige op die gebied van Boesmanskilderye. Hy word as een van Suid-Afrika se eerste en belangrikste abstrakte skilders beskou. Van sy werk kan in die Walter Battiss-kunsmuseum in Somerset-Oos besigtig word.
Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Walter Battiss | |
Geboortenaam | Walter Whall Battiss |
---|---|
Geboorte | 6 Januarie 1906 Somerset-Oos |
Sterfte | 20 Augustus 1982 (op 76) Port Shepstone |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Kunsskilder en skrywer |
Huweliksmaat | Grace Anderson |
Webblad | Walter Battiss |
Sluit
Battiss is sterk deur Afrikakuns beïnvloed, wat hy ook indringend bestudeer het. Sy kunswerke gee uitdrukking aan die krag en misterie van Afrika en die waardigheid van die Afrikamens. Hy is bekend as die skepper van die "Fook-eiland"-konsep, die eiland van die verbeelding, ’n utopiese samestelling van die eilande wat hy besoek het. Talle bekende Suid-Afrikaners was ereburgers van Battiss se Fook-eiland, met paspoorte en al.[1]