Zygomycota
From Wikipedia, the free encyclopedia
Zygomycota was ’n filum binne die koninkryk swamme met ongeveer 900 lewende spesies.[1] Hierdie filum is laat vaar in 2007 en vier subfilla incertae cedis is voorgestel.[2] Lede van die voormalige filum zygomycota staan bekend as sigomisete. Swamme van die filum zygomycota kom almal op land voor. Daar was twee ordes binne die filum, naamlik sigomisete en trychomycetes (trigomisete).[3]
Zygomycota | |
---|---|
Sporangium van 'n Phycomyces sp. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Fungi |
Divisie: | Zygomycota C. Moreau 1954 (informal) |
Klas: | Zygomycetes Winter 1881 |
Ordes | |
Mucoromycotina:
Kickxellomycotina:
Entomophthoromycotina:
Zoopagomycotina:
|
Die meeste sigomisete is saprotrowe, wat hul voeding van dooie organiese materiaal kry en daarop leef.[3] Sigomisete word maklik van grond, ekskresie, verwerende plantmateriaalreste en ou sampioene geskei.[3]
Sigomisete (die orde) bevat ʼn belangrike klas swamme, naamlik die mukorales. Hierdie klas swamme kan ʼn dubbelsnydende swaard wees: dit kan tot siektes in mense, huisdiere en plante lei, maar kan ook bruikbare organiese samestellings, steroïdes en kos vorm.[3] Sigomisete is verantwoordelik vir raar en dodelike menslike siektes soos sigomikose.[4]
Binne die nuwe klassifikasie van die koninkryk swamme, is die voormalige ordes van zygomycota ingedeel in vier subfilla: entomophthoromycotina, kickellomycotina, mucoromycotina, and zoopagomycotina.[4]