ǀXam
From Wikipedia, the free encyclopedia
ǀXam of !Xam (uitspraak: ǀ͡xam, luister (hulp·inligting)) word beskou as ’n uitgestorwe taal van Suid-Afrika wat voorheen deur die ǀXam-ka ǃʼē gepraat is. Dit is deel van die ǃKwi-tak van die Tuu-tale en nou verwant aan die bedreigde Nǁng. Baie van die werk oor die taal is gedoen deur Wilhelm Bleek, ’n Duitse linguis van die 19de eeu, wat ’n vorm van ǀXam bestudeer het wat in die Agterveld gepraat is, en (saam met Lucy Lloyd) nog een van Strandberg en Katkop terwyl hy saam met ǁKábbo, Diaǃkwāin, ǀAǃkúṅta, ǃKwéite̥n ta ǁKēn, ǀHaṅǂkassʼō en ander sprekers gewerk het.[1] Die oorblywende korpus van ǀXam kom van die stories in die Bleek-en-Lloydversameling wat deur hierdie individue vertel is.
Kitsfeite Amptelike status, Taalkodes ...
ǀXam | ||
---|---|---|
Uitspraak: | ǀ͡xam | |
Gepraat in: | Suid-Afrika, voor 1910 | |
Totale sprekers: | Geen (uitgesterf) | |
Taalfamilie: | Tuu ǃKwi ǀXam | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Geen | |
Gereguleer deur: | Geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | xam | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit