80ste Golden Globe-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 80ste Golden Globe-toekenningsaand vir die beste rolprente en televisieprogramme van 2022, soos deur die Hollywood Foreign Press Association gekies, is op 10 Januarie 2023 in Die Beverly Hilton, Beverly Hills, Kalifornië, gehou. Die komediant Jerrod Carmichael was die aanbieder.[1]
80ste Golden Globe-aand
| ||
Datum | 10 Januarie 2023 | |
Plek | Die Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië | |
Aanbieder | Jerrod Carmichael[1] | |
Beste rolprente en reekse | ||
Rolprent | The Fabelmans (drama); The Banshees of Inisherin (komedie of musiekspel) | |
TV-reeks | House of the Dragon (drama); Abbott Elementary (musiek of komedie) | |
Minireeks of TV-prent | The White Lotus | |
Meeste pryse | Abbott Elementary The Banshees of Inisherin (3 elk) | |
Meeste benoemings | The Banshees of Inisherin (8) |
Die benoemdes is op 12 Desember 2022 aangekondig.[2][3][4]
The Banshees of Inisherin is vir die meeste pryse benoem (8), insluitende die prys vir beste prent – komedie of musiekspel en beste regisseur (Martin McDonagh). Dit was die meeste benoemings vir een prent sedert Cold Mountain vir die 61ste Golden Globe-toekenningsaand. Dit het ook saam met die komedie Abbott Elementary die meeste pryse ingepalm (3).[4][5][6]
Die seremonie was die laaste openbare optrede van Lisa Marie Presley voor haar dood twee dae later op 12 Januarie 2023.[7]