Aardmassa
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aardmassa (M🜨) is die massaeenheid wat gelyk is aan die massa van die Aarde. 1 M🜨 = 5,9722×1024 kg.[1] Die eenheid word dikwels gebruik om ander ruimteliggame se massa uit te druk.
1 M🜨 is ook gelyk aan:
- 81,3 maanmassas (ML)
- 0,00315 Jupiter-massa (MJ) (Jupiter het 317,83 aardmassas)[2]
- 0,0105 Saturnus-massa (Saturnus het 95,16 aardmassas)[3]
- 0,0583 Neptunus-massa (Neptunus het 17,147 aardmassas)[4]
- 0,000003003 sonmassa (M☉) (Die son het 332 946 aardmassas)