Absalom
From Wikipedia, the free encyclopedia
Absalom (Hebreeus: אבשלום, Awsjalom, letterlik: "vader van vrede") is 'n figuur in die Ou Testament van die Bybel. Hy was die derde seun van Dawid, die koning van Israel. Hy is as die mooiste en knapste man in die koninkryk beskryf.[1]
Kitsfeite Dinastie, Volle naam ...
Absalom | |
---|---|
Prins van Israel | |
Moord op Absalom, 'n Duitse voorstelling uit die 14de eeu. | |
Dinastie | Huis van Dawid |
Volle naam | אַבְשָלוֹם |
Geboorteplek | Hebron, Judea, Israel |
Woud van Efraïm, Israel | |
Woud van Efraïm, Israel | |
Vader | Dawid |
Moeder | Maächa bat Talmai |
Sluit
Hy is vir 'n wyle deur sy vader, koning Dawid, verban. Hy het sy broer Amnon vermoor, wat hulle (half)suster Tamar verkrag het. Later kon hy weer na Jerusalem terugkeer.
Uiteindelik lei hy 'n opstand teen sy vader. Hy sterf toe hy aan sy hare in 'n boom bly hang,[2] waarna hy deur Joab, Dawid se leëraanvoerder, vermoor is.[3][4]