Agang
From Wikipedia, the free encyclopedia
Agang Suid-Afrika is 'n progressiewe Suid-Afrikaanse politieke party wat op 18 Februarie 2013 deur Mamphela Ramphele gestig is.[1] Die party moedig die hervorming van direkte regering aan en streef daarna “om ’n sterker demokrasie te bou waarin burgers die kern van openbare lewe sal wees”[2] en het beoog om die regerende African National Congress in die 2014 algemene verkiesing aan te vat.[3] Die naam “Agang” is ’n Suid-Sotho-woord wat beteken “om te bou”.[4] Die party se naam kan as ‘akhani’ in die Nguni-taalfamilie (Zoeloe, Swazi, Suid-Ndebele en Xhosa) vertaal word.
Agang Suid-Afrika | |
Agang SA | |
Leier | Andries Tlouamma |
---|---|
Slagspreuk | Restoring the Promise of Freedom |
Gestig | 18 Februarie 2013 |
Hoofkwartier | Posbus 31817, Braamfontein, 2017 |
Ideologie | Anti-korrupsie politiek, Progressiwisme |
Amptelike kleure | Groen |
Webblad | www |
Op 28 Januarie 2014 is aangekondig dat Ramphele as die Demokratiese Alliansie se presidentskandidaat in die 2014 algemene verkiesing sou optree.[5][6] Hierdie rampspoedige poging tot ’n oorname van die DA is vyf dae later, op 2 Februarie beëindig toe Ramphele gesê het dat sy nie meer vir die DA beskikbaar is nie.[7]
In die munisipale verkiesing van 2021 het steun vir die party nasionaal tot 0,01% gedaal en die party het al sy setels in die algemene verkiesing van 2019 verloor.[8]