Anemoonvygie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Anemoonvygie (Jordaaniella anemoniflora (L.Bolus) Van Jaarsv.) is 'n vetplantjie uit die vygiefamilie Aizoaceae. Op die SANBI-rooilys word dit as endemies aan die Suid-Afrikaanse Wes-Kaap en as "CR PE" gelys wat wil sê dat dit kritiek bedreigd, moontlik (in die wildernis) uitgestorwe is.[1]
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Anemoonvygie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | J. anemoniflora |
Binomiale naam | |
Jordaaniella anemoniflora (L.Bolus) Van Jaarsv., (2001 gepubl. 2002) | |
Sinonieme | |
|
Sluit
Hierdie vygie het vanaf Macassar tot Hermanus aan die Kaap voorgekom, maar pogings om die laaste bekende populasie te red het gefaal. Die spesie is reeds in 1924 beskryf en in Kirstenbosch gekweek. Verstedeliking en ontwikkeling van die streek rondom Hermanus het die populasies van sy leefgebied ontneem. Dit word nogtans nou ook in kustuine aangeplant.[2]