Aorai
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aorai is ’n berg op Tahiti Nui, die grootste deel van Tahiti in Frans-Polinesië in die suidelike Stille Oseaan. Op ’n hoogte van 2 066 m[1] bo die seevlak is dit die tweede hoogste punt op Tahiti.
Kitsfeite
Aorai | |
---|---|
Ligging | Tahiti, Frans-Polinesië |
Hoogte | 2 066 meter bo seevlak |
Prominensie | 616 meter[1] |
Koördinate | 17°49′21.96″S 149°12′55.27″W |
Bergtipe | Vulkaan |
Laaste uitbarsting | Onbekend |
Sluit
Aorai is een van drie berge wat Tahiti vermoedelik gevorm het.[2] Die ander twee is Orohena (2 241 m) en Roonui (1 332 m).