Assurbanipal
Assiriese koning / From Wikipedia, the free encyclopedia
Assurbanipal of Asjsjoerbanipal (Akkadies: Aššur-bāni-apli, "Assur is die skepper van ’n erfgenaam"; 668 – c. 627 v.C.)[1] was ’n koning van Assirië. Hy was die seun van Esarhaddon en die laaste sterk heerser van die Nieu-Assiriese Ryk.[1] Hy is bekend vir sy versameling van ’n groot hoeveelheid wigskrifdokumente vir sy koninklike paleis by Nineve.[2] Die versameling, bekend as die Biblioteek van Assurbanipal, is nou in die Britse Museum.
Kitsfeite Bewind, Volle naam ...
Assurbanipal | |
---|---|
Koning van Assirië | |
Assurbanipal op ’n jagtog, ’n reliëf uit Nineve. | |
Bewind | 668 – c. 627 v.C. |
Volle naam | Aššur-bāni-apli (Akkadies) |
Gebore | 685 v.C. |
Gesterf | 627 v.C. |
Voorganger | Esarhaddon |
Opvolger | Ashur-etil-ilani |
Vader | Esarhaddon |
Sluit
In die Bybelboek Esra word hy Asenappar genoem en die Romeinse historikus Justinus identifiseer hom as Sardanapalus.[3]