BMW N45
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die BMW N45 is 'n natuurlik-geaspireerde viersilinder-petrolenjin wat die BMW N40 vervang het en is van 2004-2011 vervaardig. [1] Dit is saam met die BMW N46-enjin vervaardig en slegs in sekere lande verkoop, waar voertuigbelasting voordelig was vir kleiner enjins.
Kitsfeite Oorsig, Vervaardiger ...
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | BMW |
Produksietyd | 2004-2011 |
Konfigurasie | Inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 1.6-2.0 L |
Blok | Aluminium |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | DBNA met VVT en VVL |
Brandstoftipe | Petrol |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | BMW N40 |
Opvolger | BMW N43 |
Sluit
Die N45 is gebaseer op die N46, maar hy het nie Valvetronic (veranderlike klephyser) nie.[2] Net soos die N42 en N46 het die N45 'n dubbele VANOS (veranderlike kleptydreëling).[1] In 2007 is die N45 bygewerk, wat die N45N genoem is.