Bobbejaan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die bobbejaan (genus: Papio) is 'n groter nie-mensagtige lid van die primaat-orde. Slegs die mandril en die dril is groter. Voor die huidige gebruik om slegs Papio-lede as bobbejane te beskryf, is die nabyverwante Gelada-aap en twee spesies van die mandril en dril ook in dieselfde genus geplaas. Daar word nog dikwels verkeerdelik na hierdie diere as bobbejane verwys.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Tipespesie ...
Bobbejaan | |
---|---|
Olyfbobbejaan (Papio anubis) | |
Blaf of bôgom van 'n Geelbobbejaan | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Cercopithecidae |
Genus: | Papio Erxleben, 1777 |
Tipespesie | |
Simia hamadryas Linnaeus, 1758 | |
Spesies | |
|
Sluit
Die enigste bobbejaan in Suider-Afrika is die Kaapse bobbejaan (Papio ursinus).