Canes Venatici I-dwergsterrestelsel
sterrestelsel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Canes Venatici I-dwergsterrestelsel of CVn I is teen 711 000 ligjare een van die verste satelliete van die Melkweg[1] en beweeg teen ’n snelheid van 31 km/s verder weg van ons.[2] Dit is geleë in die sterrebeeld Jaghonde en is in 2006 ontdek deur die Sloan- Digitale Lugopname.[1]
Canes Venatici I-dwergsterrestelsel | ||||
Soort stelsel | Dwergsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Jaghonde (Canes Venatici) | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 13h 28m 03,5s | |||
Deklinasie | +33º 33' 21" | |||
Skynmagnitude (m) | 13,9 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 711 000 | |||
Skynbare grootte | 17′,8 | |||
Besonderse kenmerke | Melkwegsatelliet | |||
Ander name | CVn | |||
Lugkoördinate | ||||
13h 28m 03.5s, +33° 33′ 21″ | ||||
|
CVn I is ’n relatief dowwe stelsel, met ’n absolute magnitude van sowat -8,6.[3] Dit het egter ’n massa van sowat 27 miljoen sonmassas. Die groot verhouding tussen sy massa en helderheid dui daarop dat dit deur donkermaterie oorheers word.[2]
Dit bestaan meestal uit ou sterre wat sowat 10 miljard jaar gelede ontstaan het. Die metaalinhoud is ook baie laag.[4] Daar is sowat 60 RR Lyrae-sterre.[5]
Sowat 5% van die massa bestaan uit jonger sterre (1–2 miljard jaar oud) met ’n hoër metaalinhoud. Hulle is in die middel van die sterrestelsel gesentreer. Daar vind tans geen stervorming plaas nie.