Canis Major-dwergsterrestelsel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Canis Major-dwergsterrestelsel is ’n hipotetiese sterrestelsel in die Lokale Groep, in dieselfde deel van die ruimte as die sterrebeeld Groot Hond. Dit bevat ’n taamlike groot aantal rooi reuse en moontlik altesaam tot ’n miljard sterre.
Kitsfeite
Canis Major-dwergsterrestelsel | ||||
Soort stelsel | Dwergsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Groot Hond (Canis Major) | |||
Tipe | Irr | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 07h 12m 35s | |||
Deklinasie | -27º 40' 00" | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 25 000 | |||
Skynbare grootte | 12' x 12' | |||
Besonderse kenmerke | Naaste Melkwegsatelliet | |||
Ander name | CMa | |||
Lugkoördinate | ||||
07h 12m 35.0s, −27° 40′ 00″ | ||||
|
Sluit
CMa is ’n onreëlmatige stelsel en daar word geglo dit is nou die naaste satellietstelsel van ons sterrestelsel, die Melkweg: sowat 25 000 ligjare van die Son af.[1] Dit het min of meer ’n elliptiese vorm.