Carina-dwergsterrestelsel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Carina-dwergsterrestelsel of PGC 19441 is ’n satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Kiel (Carina). Dit is in 1977 met die UK Schmidt-teleskoop ontdek deur Cannon en ander.[1][2]
Kitsfeite
Carina-dwergsterrestelsel | ||||
Soort stelsel | Dwergsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Kiel (Carina) | |||
Tipe | E3 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 06h 41m 36,7s | |||
Deklinasie | -50º 57' 58" | |||
Skynmagnitude | 11,3B | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 330 000 | |||
Skynbare grootte | 23′,4 × 15′,5 | |||
Rooiverskuiwing | 230 ± 60 km/s | |||
Kenmerke | Melkwegsatelliet | |||
Ander name | PGC 19441 | |||
|
Sluit
Carina beweeg teen ’n snelheid van 230 km/s weg van die Melkweg. Dit lyk of dit miljarde jare gelede ontstaan het ná die vorming van die Melkweg se ander satellietstelsels, aangesien sy oudste sterre jonger as 7 miljard jaar is.[3] Dit is dus redelik jonk in vergelyking met die Melkweg, wat na raming sowat 13,6 miljard jaar gelede gevorm het – byna saam met die res van die heelal. Dit het waarskynlik ’n komplekse geskiedenis, met drie moontlike afsonderlike uitbarstings van stervorming.[4] Dit word ook deur die Melkweg se swaartekrag beïnvloed.[5]