Chris Brown
From Wikipedia, the free encyclopedia
Chris Brown (gebore 5 Mei 1989) is 'n Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, danser, akteur, regisseur, en entrepreneur. Hy is in Tappahannock, Virginië gebore en is van kindsbeen af betrokke by sy kerkkoor en verskeie plaaslike talentskouspelle. In 2004 teken hy 'n platekontrak met Jive Records en in die daaropvolgende jaar reik hy sy eponimiese debuutalbum uit. Hierdie album bereik nommer-2 op die Amerikaanse Billboard 200-trefferlys en is later deur die Recording Industry Association of America (RIAA) as dubbelplatinum gesertifiseer met drie miljoen kopieë wat wêreldwyd verkoop is.[1]
Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Chris Brown | |
Geboortenaam | Christopher Maurice Brown |
---|---|
Geboorte | 5 Mei 1989 (1989-05-05) (35 jaar oud) Tappahannock, Virginië |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Kinders | 1 |
Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer, danser, akteur, regisseur, en entrepreneur |
Aktiewe jare | 2005–nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sluit
As akteur is hy bekend vir sy rolle in die rolprente Stomp the Yard (2007), Takers (2010), Think Like a Man (2012), en The Do-Over (2016).