Die Gelofte
Spesiale eed wat deur Voortrekkers afgelê is voor die Slag van Bloedrivier / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gelofte is 'n spesiale eed wat deur Voortrekkers afgelê is voor die Slag van Bloedrivier en wat gelei het tot die viering van Geloftedag op 16 Desember 1838. Dit was afgelê by Wasbankspruit (so genoem omdat die Voortrekkers daar hul wasgoed gewas het) deur Sarel Cilliers. Sedertdien word Geloftedientse en -feeste jaarliks georganiseer om die gebeure te herdenk.[1]
Ter agtergrond is dit belangrik om te noem dat die Gelofte elke dag vir sewe dae vanaf 9 Desember 1838 tot en met 15 Desember 1838 afgelê is, waarna God op wonderbaarlike wyse uitkoms verleen het aan die Voortrekkers op 16 Desember 1838 tydens die Slag van Bloedrivier.
Hiermee beveel ons aan dat Bantjes se weergawe van die Bloedrivier Gelofte (1838) as die mees geloofwaardige en die mees oorspronklike weergawe verklaar moet word, en daarom binne die opdrag van hierdie verslag die mees outentieke is. Pretorius se weergawe staan weinig terug en is derhalwe ook in alle opsigte outentiek en moet as sulks beskou word. A.W.J. Pretorius, as die inisieerder van die gelofte, staan kop en skouers bo al die outeurs uit m.b.t. die invloed wat hul uitoefen op die onderhouding van die Gelofte deur die nageslag. Sy betrokkenheid is van onskatbare waarde en maak dat ons as volk bevoorreg is om d.m.v. 'n gelofte aan die Almagtige, die God van hemel en aarde, gekoppel te mag wees. Dit is die grootste voorreg wat 'n volk te beurt kan val. Weens die feit dat sy weergawe van die Gelofte nie groot aftrek by invloedryke geskiedskrywers gekry het nie, en nie algemeen bekend is nie, word sy Geestelik geïnspireerde gedagtes vandag moontlik net ten dele eerbiedig. Dit beteken dat die gelofte wat gesluit is, moontlik nie ten volle nagekom word nie. Elkeen van ons weet dat daar nie eensydig aan die inhoud van 'n kontrak verander mag word nie, des te minder die van die Gelofte. Indien wel kan dit op kontrakbreuk neerkom. In sy verslag aan die Volksraad bevestig hy die voorafgaande gebeure m.b.t. die aflegging van die Gelofte. Pretorius se weergawe van die Gelofte soos opgeneem in sy Verslag aan die Volksraad is amptelik, dit korrespondeer met Bantjes se joernaal, en slaag in alle opsigte die toets van oorspronklikheid. As outeur van die Gelofte speel sy bewoording daarvan vandag ’n minderwaardige rol binne Geloftedagvierings. Alhoewel sy weergawes [Bantjes se joernaal verwoord net Pretorius se gedagtes] die algemene raamwerk daarstel, word die kern daarvan tot vandag toe nog verswyg. J.G. Bantjes, as Pretorius se sekretaris, het hom goed van sy taak gekwyt in die daarstelling van 'n joernaal. Sy joernaal oefen groot invloed uit op die nageslag se begrip m.b.t. die daaglikse gebeure van die ekspedisie. Daarsonder sou ons as nageslag nie 'n deeglike beeld gehad het waardeur hulle gegaan het en watter wonderwerke met hulle plaasgevind het nie. In sy joernaal haal hy Pretorius woordeliks aan. Hierdie aanhaling word aan die drie gemeentes voorgelê en aanvaar, waarna Cilliers voorgegaan het in die tent van Pretorius en die Gelofte afgelê het. Bantjes [Pretorius] se weergawe van die Gelofte soos opgeneem in sy joernaal, as die sekretaris van die strafekspedisie, is amptelik, korrespondeer met Pretorius se verslag, en slaag in alle opsigte die toets van oorspronklikheid. As outeur van die joernaal speel hy dus díe deurslaggewende rol binne die daarstelling van ’n outentieke weergawe van die Gelofte aangesien hy die eerste weergawe daarvan op skrif stel. Soos in die geval van die Pretorius weergawe, word dit nie tans erken en gebruik nie.