Draaikolksterrestelsel
spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Jaghonde / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Draaikolksterrestelsel (ook bekend as die Vraagtekensterrestelsel, Messier 51 en NGC 5194) is ’n interaktiewe spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Jaghonde. Dit is een van die bekendste sterrestelsels in die ruimte.[1]
Kitsfeite
Draaikolksterrestelsel | ||||
Die Draaikolksterrestelsel of Messier 51A (links). Die kleiner voorwerp regs bo is M51B of NGC 5195. (Bron: Nasa/ESA) | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Jaghonde | |||
Messier-naam | Messier 51A | |||
Tipe | SA(s)bc pec | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 13h 29m 52,7s | |||
Deklinasie | +47º 11' 43" | |||
Skynmagnitude | 8,4 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 23 miljoen | |||
Skynbare grootte | 11′,2 × 6′,9 | |||
Rooiverskuiwing | +1,544 x 10−6 | |||
Kenmerke | In ’n wisselwerking met Messier 51B | |||
Ander name | Vraagteken-sterrestelsel, Rosse se Sterrestelsel, NGC 5194, UGC 8493, PGC 47404, VV 001a, VV 403, Arp 85, GC 3572 | |||
|
Sluit
Messier 51 en sy metgesel, NGC 5195, kan maklik opgespoor word deur amateur-sterrekykers en die twee stelsels kan maklik met ’n verkyker gesien word.[2] Die afstand is onlangs geraam op 23 ± 4 miljoen ligjare van die Melkweg af,[3] maar verskillende metodes gee verskillende afstande van tussen 15 miljoen en 35 miljoen ligjare.