Eerste minister van Namibië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Eerste minister van Namibië (Engels: Prime Minister of the Republic of Namibia) is volgens die Namibiese grondwet van 21 Maart 1990 die regeringshoof van die parlementêre republiek van Namibië. Die eerste minister word deur die grootste party in die nasionale vergadering benoem en deur die president aangestel. Hy word deur die adjunkpremier (Engels: Deputy Prime Minister) bygestaan.
Namibiese politiek |
Parlement van Namibië Nasionale Vergadering Nasionale Raad |
President Adjunkpresident Eerste minister Adjunkpremier |
Politici Politieke partye |
Hoogste Hof van Appèl Hooggeregshof |
Verkiesings |
Die Eerste minister se woning was voorheen langs die Tintenpalast, die nasionale vergadering in die buro van die eerste minister (Engels: Office of The Prime Minister) in Windhoek-Sentraal. Die woning van die Eerste minister is sedert middel-2014 in die Ou Staatshuis, die voormalige woning van die Namibiese president.