Egadi-eilande
eilandgroep van Italië, in die Tirreense See / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Egadi-eilande (Ìsuli Ègadi in Sisiliaans) is 'n eilandgroep van Italië, in die Tirreense See. Dit is ongeveer 7 km vanaf die westelike kus van Sisilië geleë, oorkant die stad Trapani. Die argipel bestaan uit drie eilande en twee eilandjies, plus 'n reeks van skere en rotse in see [1]. Reeds in die antieke tye was dit bekend onder die Latynse naam Aegates wat van die Griekse taal Aigatai, of "bok-eilande" kom. Op hierdie argipel is die Mariene Natuurreservaat van die Egadi-eilande geleë.